GALASIËRS 2:9-10
GALASIËRS 2:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Jakobus, Sefas en Johannes was die belangrikste leiers in die gemeente in Jerusalem. Toe hulle besef dat God baie goed was vir my, het hulle my en Barnabas se hande geskud en gesê ons kan almal saamwerk. Ek en Barnabas moes vir die heidene preek en hulle moes vir die Jode preek. Hulle het net een ding vir my gevra, hulle het gevra dat ek ook die arm mense van die gemeente in Jerusalem moet help. Dit het ek baie graag gedoen.
GALASIËRS 2:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Bárnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan; alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.
GALASIËRS 2:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle dan ingesien het dat God my hierdie voorreg gegee het, het Jakobus, Sefas en Johannes, wat beskou is as die pilare van die gemeente, my en Barnabas die regterhand gegee as teken dat ons en hulle medewerkers is. Ons het ooreengekom dat hulle die evangelie aan die Jode sou verkondig, en ons aan die nie-Jode. Al wat hulle gevra het, is dat ons nie die armes onder hulle moet vergeet nie. Ek het my dan ook steeds vir hierdie liefdesdiens beywer.
GALASIËRS 2:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Jakobus en Sefas en Johannes, wat as die pilare gereken is, die genade wat aan my gegee is, begryp, en het hulle die regterhand van broederskap na my en Barnabas gereik, sodat ons na die heidene sou gaan, en hulle na die besnedenes. Ons moes slegs sorg dat ons die armes in gedagte hou – presies wat ek my ook beywer het om te doen.
GALASIËRS 2:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jakobus, Céfas en Johannes, wat soos pilare gelyk het, die genade wat aan my gegee is, gewaar, het hulle aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee; dat ons na die heidene sou gaan en hulle na die besnydenis. Net hulle wil hê dat ons aan die armes moet dink; dieselfde wat ek ook wou doen.
GALASIËRS 2:9-10 Die Boodskap (DB)
Toe Jakobus, Petrus en Johannes dan sien dat God so goed is vir my, was hulle baie bly. Net daar het hulle my en Barnabas se hand geskud. Die handdruk van daardie drie steunpilare wat aan die stuur van die kerk in Jerusalem staan, het gewys dat ons almal broers in die Here is. Ons het toe die volgende besluit geneem: Ek en Barnabas sou onder mense werk wat nie Jode is nie. Die leiers van die kerk in Jerusalem sou onder Israel oor Jesus gaan preek. Hulle het wel een versoek aan ons gerig: dat ons tog nie die armes in die Jerusalemgemeente moet vergeet nie. En, soos julle baie goed weet, is ek nog steeds besig om vir hulle geld in te samel.
GALASIËRS 2:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En toe, omdat hulle besef het dat God sy genade aan my gegee het, het Jakobus en Petrus en Johannes – hulle is as die sleutelfigure beskou – my en Barnabas die hand gegee as teken dat ons kollegas is: Ons sou na die nie-Joodse nasies gaan en hulle na die Jode. Al wat hulle gevra het, was dat ons aan die armes moes dink, en juis dit het ek ywerig gedoen.