ESEGIËL 5:17
ESEGIËL 5:17 Bybel vir almal (ABA)
Ek stuur honger en wilde diere na julle toe. Hulle sal julle kinders doodmaak. Daar sal pes in die stad kom, en baie mense sal in oorlog sterf. Ek bring vyande na julle toe om julle dood te maak. Ek, die Here, het gepraat.”
ESEGIËL 5:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal 'n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.
ESEGIËL 5:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek bring hongersnood en 'n roofdierplaag oor julle wat julle kinders sal uitroei; pes en bloedvergieting sal julle tref, Ek bring oorlog oor julle. Ek, die Here, sê dit.”
ESEGIËL 5:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal teen julle hongersnood en ongediertes stuur, en hulle sal jou, Jerusalem, kinderloos maak. 'n Epidemie en bloedvergieting sal jou oorweldig, en 'n swaard sal Ek teen jou bring. Ek, die HERE, het gepraat.”
ESEGIËL 5:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal Ek hongersnood en bose diere oor jou stuur, en hulle sal jou beroof; en pes en bloed sal deur jou trek; en Ek sal die swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.