ESEGIËL 39:29
ESEGIËL 39:29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En Ek sal nooit weer my rug op hulle draai nie, want Ek sal my Gees oor die mense van Israel uitgiet, sê die oppermagtige HERE.”
ESEGIËL 39:29 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal nie weer my gesig wegdraai van die volk Israel nie, Ek het my Gees op hierdie volk laat kom.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
ESEGIËL 39:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.
ESEGIËL 39:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal hulle nooit weer verwerp nie; Ek het my Gees uitgestort op Israel,” sê die Here my God.
ESEGIËL 39:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal nie weer my gesig vir hulle verberg nie, want Ek het my Gees op die huis van Israel uitgestort. ” Dit is die uitspraak van die Heer, die HERE.