ESEGIËL 37:25
ESEGIËL 37:25 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete sal in die land woon wat Ek vir my dienaar Jakob gegee het, die land waar hulle voorvaders gewoon het. Hulle sal altyd daar woon, hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders. My dienaar Dawid sal altyd oor hulle regeer.
ESEGIËL 37:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.
ESEGIËL 37:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sal in die land woon wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het, waar hulle voorvaders gewoon het. Hulle sal altyd daar woon, hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders, en my dienaar Dawid sal hulle regeerder wees vir altyd.
ESEGIËL 37:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal woon in die land wat Ek aan my dienskneg, aan Jakob, gegee het – die land waarin julle voorouers gewoon het. Hulle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en kleinkinders, vir altyd; en Dawid, my dienskneg, sal vir hulle 'n leier wees vir altyd.
ESEGIËL 37:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waarin julle vaders gewoon het; en hulle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle owerste wees tot in ewigheid.