ESEGIËL 34:31
ESEGIËL 34:31 Die Boodskap (DB)
“Julle is my trop skape. Julle is die volk wat Ek vir Myself gekies het. Ek sorg vir julle. Julle is my volk, en Ek is julle God,” sê die Here, Esegiël se God.
ESEGIËL 34:31 Bybel vir almal (ABA)
“Ja, julle is my skape en bokke, julle is die skape en bokke op my weiveld. Julle is mense, en Ek is julle God.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
ESEGIËL 34:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
ESEGIËL 34:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God.
ESEGIËL 34:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle is my kleinvee, die kleinvee van my weiding. Julle is my mense, Ek is julle God.” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE.’ ”