ESEGIËL 3:1 - Compare All Versions
ESEGIËL 3:1 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het vir my gesê: “Mens, jy moet eet wat Ek vir jou gee, jy moet hierdie boekrol eet en dan moet jy gaan praat met die volk Israel.”
ESEGIËL 3:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind; eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel.
ESEGIËL 3:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die stem het vir my gesê: “Mens, eet wat voor jou is, eet hierdie boekrol en gaan praat met die mense van Israel.”
ESEGIËL 3:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sê toe vir my: “Mensekind, wat jy nou kry, moet jy eet. Eet hierdie •boekrol en gaan praat met die huis van Israel.”
ESEGIËL 3:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, eet wat jy vind; eet hierdie rol en gaan spreek met die huis van Israel.
ESEGIËL 3:1 DB (Die Boodskap)
Toe het die stem verder met my gepraat: “Mens, eet die boek wat Ek vir jou gegee het. Die boek bevat die boodskap wat Ek wil hê jy na hierdie volk toe moet neem. Gaan sê vir die mense van Israel wat in die boek staan. Gaan sê vir hulle wat Ek sê.”
ESEGIËL 3:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die stem sê toe vir my: “Mensekind, eet wat Ek jou gee. Eet hierdie boek. En gaan dan en gee hierdie boodskap vir die volk Israel.”