ESEGIËL 29:3
ESEGIËL 29:3 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet praat en vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Farao, koning van Egipte, Ek is jou vyand. Jy is die groot watermonster wat in sy eie rivier lê en wat sê: ‘Dit is my rivier, ék het dit gemaak.’
ESEGIËL 29:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
ESEGIËL 29:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet praat, jy moet sê: So sê die Here my God: “Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte, groot krokodil wat rustig in jou rivier lê en sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’
ESEGIËL 29:3 Die Boodskap (DB)
Die Here, Esegiël se God, dink só oor julle: Ek het jou vyand geword. Koning van Egipte, jy is soos ’n gevaarlike krokodil wat in die rivier van Egipte skuil. Jy lê daar en sê: ‘Die Nyl is my rivier. Niemand anders mag hier kom nie, want ek het dit spesiaal net vir myself gemaak!’