ESEGIËL 29:16
ESEGIËL 29:16 Bybel vir almal (ABA)
Die volk Israel sal nie weer wil hê dat Egipte hulle moet help nie. Israel sal onthou hoe verkeerd hulle gedoen het toe hulle gevra het dat Egipte hulle moet help. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
ESEGIËL 29:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
ESEGIËL 29:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal nie meer die mag wees waarop Israel vertrou nie, hy sal aanhou herinner aan die sonde wat Israel gedoen het deur hom na Egipte te wend om hulp. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.”
ESEGIËL 29:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Egipte sal nie weer vir die huis van Israel 'n bron van vertroue wees nie, maar 'n land wat hulle herinner aan sondeskuld toe hulle hulle na Egipte gewend het. Hulle sal besef dat Ek, die Heer, die HERE is.” ’ ”
ESEGIËL 29:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit sal nie meer die vertroue van die huis van Israel wees wat aan hulle ongeregtigheid dink as hulle na hulle omsien nie; maar hulle sal weet dat Ek die HERE HERE is.
ESEGIËL 29:16 Die Boodskap (DB)
“Israel sal nooit weer dink dat Egipte hom kan help nie. As Israel sien hoe Egipte vernietig is, sal dit Israel herinner hoe verkeerd hy was toe hy op Egipte vertrou het om hom te help en nie sy hoop op sy Here gestel het nie. Daardie dag sal Israel weet dat Ek, en Ek alleen, die Here God is.”