ESEGIËL 27:35
ESEGIËL 27:35 Bybel vir almal (ABA)
Almal wat woon in die lande langs die see het baie bang geword oor wat met jou gebeur het. Hulle konings het geskrik en hulle bewe, hulle gesigte trek skeef.
ESEGIËL 27:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte.
ESEGIËL 27:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die bewoners van die eilande is skrikbevange oor wat met jou gebeur het; hulle konings se hare rys, hulle gesigte is wit van die skrik.
ESEGIËL 27:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die bewoners van die eilande staan verslae oor jou. Hulle konings sidder onbedaarlik; hulle gesigte is verwronge van angs.
ESEGIËL 27:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al die bewoners van die eilande sal oor jou verstom staan, en hulle konings sal baie bang wees, hulle sal verskrik wees in hulle aangesig.