ESEGIËL 27:31
ESEGIËL 27:31 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het hulle koppe kaal geskeer oor jou en hulle het rouklere aangetrek, hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou. Hulle was baie hartseer.
ESEGIËL 27:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal om jou ontwil 'n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in 'n bitter rouklag.
ESEGIËL 27:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek; hulle het bitterlik gehuil oor jou, bitterlik getreur.
ESEGIËL 27:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle skeer kaal kolle op hulle koppe oor jou, hulle bind rouklere om, hulle huil oor jou met 'n verbitterde siel – dit is 'n bitter rouplegtigheid.
ESEGIËL 27:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal hulle vir jou heeltemal kaal maak en hulle met rouklere omgord, en hulle sal oor jou ween met bitterheid van hart en bitter geween.