ESEGIËL 27:17
ESEGIËL 27:17 Bybel vir almal (ABA)
Mense van die lande Juda en Israel was ook jou handelaars. Hulle het koring van die land Minnit, vye, heuning, olyf-olie en balsemgom vir jou gegee vir jou goed.
ESEGIËL 27:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Juda en die land Israel, hulle was jou koopmans; koring van Minnit en meel en heuning en olie en balsem het hulle as koopware aan jou gelewer.
ESEGIËL 27:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Juda en Israel was agente vir jou; hulle het jou goedere verruil vir koring uit Minnit, vir vye, heuning, olyfolie en balsemgom.
ESEGIËL 27:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juda en die land Israel, hulle was jou handelaars. Met koring uit Minnit, vye, heuning, olyfolie en balsemgom het hulle betaal vir jou ruilware.
ESEGIËL 27:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Juda en die land van Israel, hulle was jou handelaars; hulle het handel gedryf met koring van Minnit en Pannag en heuning en olie en balsem.