ESEGIËL 27:12
ESEGIËL 27:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Tarsis het vir jou handel gedryf, want jy het baie te verruil gehad; hulle het jou handelsware verruil vir silwer, yster, tin en lood.
ESEGIËL 27:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Tarsis het met jou handel gedryf vanweë die oorvloed van al die rykdom. Met silwer, yster, tin en lood het hulle betaal vir jou handelsware.
ESEGIËL 27:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Tarsis was jou agent. Jy het jou ware verruil vir silwer, yster, tin en lood.
ESEGIËL 27:12 Bybel vir almal (ABA)
Mense van die land Tarsis het vir jou goed gekoop en verkoop. Jy het baie goed gehad, hulle het dit geruil vir silwer, yster, tin en lood.
ESEGIËL 27:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.