ESEGIËL 27:10
ESEGIËL 27:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Perse en Ludiete en Putéërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.
ESEGIËL 27:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mense uit Paras, Lud en Put was soldate in jou leër. Met die skilde en helms wat hulle in jou opgehang het, het hulle jou aansien gegee.
ESEGIËL 27:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Persië, Lud en Put was in jou leër as krygsmanne. Skild en helm het hulle in jou opgehang; dit is hulle wat aan jou luister verleen het.
ESEGIËL 27:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle van Persië en Lud en Put was in jou leër, jou krygsmanne; hulle het die skild en helm aan jou opgehang; hulle het u heerlikheid bekend gemaak.
ESEGIËL 27:10 Die Boodskap (DB)
En mense oor die hele wêreld het in jou weermag gedien. Hulle het gekom van lande so ver as Paras, Lud en Put. As hulle hulle wapens teen die mure van die stad opgehang het, het almal gesê: ‘Dis ’n groot en sterk stad dié!’