ESEGIËL 20:18-19 - Compare All Versions
ESEGIËL 20:18-19 ABA (Bybel vir almal)
Ek het daar in die woestyn vir hulle kinders gesê: ‘Julle moenie lewe soos julle voorvaders altyd gelewe het nie, julle moenie doen wat hulle besluit het nie en julle moenie julleself onrein maak met hulle afgode nie. Ek is julle God die Here. Julle moet lewe soos Ek wil hê en julle moet die dinge doen wat Ek besluit.
ESEGIËL 20:18-19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. Ek is die HERE julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.
ESEGIËL 20:18-19 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Ek het in die woestyn vir hulle kinders gesê: ‘Moenie volgens die gebruike van julle voorvaders leef nie, moenie aan hulle maniere vashou nie, moet julle nie verontreinig met hulle afgode nie. Ek, die Here, is julle God. Leef volgens my voorskrifte, kom my bepalings na en leef daarvolgens
ESEGIËL 20:18-19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het egter vir hulle kinders in die woestyn gesê, ‘Die vaste voorskrifte van julle ouers moet julle nie volg nie; hulle bepalings moet julle nie nakom nie; met hulle afgodsbeelde moet julle julle nie verontreinig nie. Ek, die HERE, is julle God. My vaste voorskrifte moet julle volg en my bepalings moet julle nakom; julle moet dit uitvoer.
ESEGIËL 20:18-19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie, en onderhou hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. Ek is die HERE jou God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit
ESEGIËL 20:18-19 DB (Die Boodskap)
“Toe het Ek hulle kinders gewaarsku en gesê hulle moet oppas dat hulle nie dieselfde pad as hulle ouers loop nie. Ek het gesê hulle moet ook nie hulleself besoedel deur afgode te aanbid nie. Ek het vir hulle gesê: Ek is die Here, julle God. Doen wat Ek vir julle sê. Luister na wat Ek julle beveel.
ESEGIËL 20:18-19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Daar in die woestyn het Ek ook hulle kinders gewaarsku om nie in hulle ouers se voetspore te volg en hulle nie met die afgode te besoedel nie. ‘Ek, die HERE, is julle God,’ het Ek vir hulle gesê. ‘Wees gehoorsaam aan my voorskrifte, doen my wil