ESÉGIËL 20:18-19

ESÉGIËL 20:18-19 AFR53

Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie. Ek is die HERE julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.