EKSODUS 34:29
EKSODUS 34:29 Bybel vir almal (ABA)
Moses het afgekom van Sinai-berg. Hy het die twee plat klippe in sy hande gedra. Die tien gebooie was op die klippe. Moses se gesig het geblink omdat God met hom gepraat het, maar Moses het dit nie geweet nie.
EKSODUS 34:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Moses van die berg Sinai afdaal — die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.
EKSODUS 34:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie.
EKSODUS 34:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Moses van die berg Sinai afkom – die twee kliptafels met die Getuienis was in Moses se hand toe hy van die berg afkom – het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig stralend was omdat hy met God gepraat het nie.
EKSODUS 34:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Moses van die berg Sinai afklim met die twee getuienistafels in Moses se hand, toe hy van die berg afklim, het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink terwyl hy met hom praat nie.