EKSODUS 34:15
EKSODUS 34:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie ooreenkomste sluit met die inwoners nie. Hulle sal julle verlei om saam met hulle agter hulle gode aan te gaan en soos prostitute teenoor My op te tree. Wanneer hulle hulle gode aanbid, sal hulle julle uitnooi om saam met hulle van hulle afgodsoffers te eet.
EKSODUS 34:15 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag nie 'n ooreenkoms maak met die mense wat in die land woon nie, want wanneer hulle die ander gode dien en vir hulle gode offer, dan sal hulle miskien vir julle ook uitnooi, en dan sal julle saam met hulle van daardie offers eet.
EKSODUS 34:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet
EKSODUS 34:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle mag nie 'n verdrag met die inwoners van die land sluit nie. Wanneer hulle onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode en vir hulle gode offers bring, sal die mense julle uitnooi na hulle offermaaltye toe, en julle sal daaraan deel hê.
EKSODUS 34:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees op jou hoede dat jy nie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land nie. Wanneer hulle agter hulle gode aan hoereer en vir hulle gode offer, sal jy genooi word, en jy sal van hulle offers eet