EKSODUS 34:13 - Compare All Versions
EKSODUS 34:13 ABA (Bybel vir almal)
Nee, julle moet hulle altare afbreek en julle moet hulle klip-pale stukkend breek en hulle gewyde pale afkap.
EKSODUS 34:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
EKSODUS 34:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Nee, vernietig hulle altare, breek hulle klippilare af en kap hulle gewyde pale stukkend.
EKSODUS 34:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle altare moet julle egter afbreek, hulle gedenkstene moet julle stukkend slaan, hulle asjeras moet julle afkap
EKSODUS 34:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar julle moet hulle altare afbreek, hulle beelde verbreek en hulle boomstamme afkap.
EKSODUS 34:13 DB (Die Boodskap)
Jy moet hulle aanbiddingsplekke afbreek. Maak hulle klippilare gelyk met die grond. Kap die pale af wat hulle vir hulle godin Asjera geplant het.
EKSODUS 34:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Trouens, julle moet hulle heidense altare afbreek. Trek hulle klippilare om en vernietig hulle afgodsbeelde.