EKSODUS 34:12
EKSODUS 34:12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie 'n ooreenkoms maak met die mense van die land waarnatoe julle gaan nie. Dit sal vir julle baie groot probleme gee.
EKSODUS 34:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie.
EKSODUS 34:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen julle gaan nie. Hulle sal julle tot 'n val bring.
EKSODUS 34:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wees op jou hoede dat jy nie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen jy op pad is nie, anders word dit 'n valstrik in jou midde.
EKSODUS 34:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op vir jouself, dat jy nie 'n verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie, dat dit nie 'n strik in jou midde word nie.