EKSODUS 28:9-12
EKSODUS 28:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Vat twee oniksstene en graveer die name van die seuns van Israel volgens ouderdom daarop, ses op die een en ses op die ander. Jy moet 'n bekwame vakman wat graveerwerk op seëlringe kan doen, aansê om die name van die seuns van Israel op die twee stene te graveer, en monteer dit in goud. “Werk die twee stene vas op die skouerbande van die skouerkleed dat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. So sal Aäron hulle name op sy twee skouers dra voor My, die Here, om My aan hulle te herinner.
EKSODUS 28:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet oniks neem en julle moet die name van Jakob se seuns daarop skryf. Skryf ses name op een klip en die ses ander name op 'n ander klip. Skryf die oudste seun se naam eerste, daarna die ander name tot by die jongste seun. 'n Ambagsman wat mooi op ringe kan skryf, moet die name van Jakob se seuns op die klip skryf. Dan moet julle die twee klippe vassit in goud en julle moet dit vaswerk aan die skouerbande van die skouer-kleed. Hierdie klippe sal My laat dink aan die seuns van Jakob. Wanneer Aäron voor My staan, dan sal hy hulle name op sy skouers dra om My te laat dink aan die twaalf stamme van Israel.
EKSODUS 28:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer: ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes. Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud. En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel — Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring.
EKSODUS 28:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Jy moet twee •oniksstene neem en die name van die seuns van Israel daarop graveer: ses van die name op die een steen, en die name van die oorblywende ses op die tweede steen, in die volgorde van hulle geboorte. Met die vakmanskap van 'n bewerker van edelstene moet jy, soos wanneer op 'n seëlring gegraveer word, die twee stene met die name van die seuns van Israel graveer. Jy moet dit dan vassit, omring met monterings van gouddraad. Sit die twee stene vas op die skouerbande van die efod as stene ter herinnering aan die seuns van Israel. Aäron moet hulle name voor die HERE op sy skouers dra as 'n herinnering.
EKSODUS 28:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer. Ses van hulle name op die een klip, en die ander ses name van die res op die ander klip, volgens hulle geboorte. Met die werk van 'n klipgraver, soos die gravure van 'n seël, moet jy die twee klippe graveer met die name van die kinders van Israel; En jy moet die twee klippe op die skouers van die skouerkleed sit as gedenkstene aan die kinders van Israel; en Aäron moet hulle name voor die aangesig van die HERE op sy twee skouers dra as gedenkteken.
EKSODUS 28:9-12 Die Boodskap (DB)
Vat dan twee oniksstene en graveer die name van die twaalf seuns van Jakob in die volgorde waarin hulle gebore is daarop. Daar moet ses name op die een steen kom en die res op die ander steen. Soos ’n graveerkunstenaar ’n seëlring graveer, moet jy die name op die twee stene laat graveer. Die twee stene moet dan in goud gemonteer word. Werk die twee stene vas op die twee skouerbande van die stuk wat oor die skouers kom. Dit verteenwoordig die Israeliete. Wanneer Aäron met hulle name op sy skouers voor die Here kom, sal God aan al die Israeliete dink.
EKSODUS 28:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vat twee halfedelstene van oniks en graveer op hulle die name van die twaalf stamme van Israel. Op elke steen moet ses name gegraveer word in die volgorde waarin hulle gebore is. Die name moet graveer word soos op ’n seëlring. Monteer die twee stene dan in goud. Werk die gemonteerde stene nou vas aan die skouerstukke as herinneringstekens vir die Israeliete. Aäron sal hierdie name op sy twee skouers voor die HERE dra om Hom aan hulle te herinner.