Eksodus 28:9-12

Eksodus 28:9-12 AFR20

“ Jy moet twee •oniksstene neem en die name van die seuns van Israel daarop graveer: ses van die name op die een steen, en die name van die oorblywende ses op die tweede steen, in die volgorde van hulle geboorte. Met die vakmanskap van 'n bewerker van edelstene moet jy, soos wanneer op 'n seëlring gegraveer word, die twee stene met die name van die seuns van Israel graveer. Jy moet dit dan vassit, omring met monterings van gouddraad. Sit die twee stene vas op die skouerbande van die efod as stene ter herinnering aan die seuns van Israel. Aäron moet hulle name voor die HERE op sy skouers dra as 'n herinnering.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 28:9-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid