EKSODUS 22:7
EKSODUS 22:7 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer iemand vir 'n ander man geld of goed gee om op te pas, en iemand anders steel dit uit die man se huis, en hulle vang die dief, dan moet die dief vir die eienaar twee maal soveel gee.
EKSODUS 22:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.
EKSODUS 22:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As 'n man aan iemand anders geld of goedere gee om te bewaar, en dit word uit sy huis gesteel, moet die dief dit dubbel betaal as hy gevang word.
EKSODUS 22:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer iemand vir sy medemens silwer of goedere gee om te bewaar, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief dubbeld daarvoor vergoed as hy betrap word.
EKSODUS 22:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand aan sy naaste geld of goed gee om te bewaar, en dit word uit die man se huis gesteel; as die dief gevind word, laat hy dubbel betaal.