EKSODUS 22:31
EKSODUS 22:31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle moet mense wees wat vir My afgesonder is. Julle mag nie iets eet wat in die veld verskeur is nie. Gee dit vir die honde om te vreet.”
EKSODUS 22:31 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet gewyde mense vir My wees. Wanneer 'n wilde dier 'n mak dier doodgebyt het, dan mag julle nie die dooie dier se vleis eet nie. Julle moet daardie vleis vir die honde gooi.”
EKSODUS 22:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.
EKSODUS 22:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle moet mense wees wat aan My gewy is. Julle mag nie vleis eet van diere wat in die veld verskeur is nie. Gooi dit vir die honde.”
EKSODUS 22:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle moet mense wees wat aan My gewy is. Vleis wat in die veld verskeur is, mag julle nie eet nie. Vir die honde moet julle dit gooi.