EKSODUS 22:2
EKSODUS 22:2-4 Bybel vir almal (ABA)
As julle die dief vang en die dier wat hy gesteel het, lewe nog, dan moet die dief vir die eienaar van die diere twee diere gee vir elke dier wat hy gesteel het. Dit maak nie saak of dit 'n bees of 'n donkie of 'n skaap is nie. Die dief moet vir alles betaal. As hy niks het nie, dan moet julle die dief verkoop om te betaal vir die diere wat hy gesteel het. As iemand 'n dief vang terwyl hy in die nag inbreek, en hy slaan die dief dood, dan moet julle nie die man doodmaak wat hom geslaan het nie. Maar as dit in die dag gebeur, dan moet julle die man wat die dief doodgeslaan het, ook doodmaak.”
EKSODUS 22:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As 'n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie
EKSODUS 22:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die gesteelde goed lewend in sy besit gevind word, moet hy dit dubbel vergoed, of dit nou beeste, donkies of skape is. 'n Dief moet ten volle vir sy diefstal vergoed. As hy niks besit nie, moet hy vir die waarde van die gesteelde goed verkoop word. As 'n dief inbreek en op heter daad betrap en doodgeslaan word, mag sy dood nie gewreek word nie. As dit egter na sonop gebeur, kan sy dood wel gewreek word.”
EKSODUS 22:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As 'n dief tydens 'n inbraak betrap word en só geslaan word dat hy sterf, is daar geen bloedskuld nie.
EKSODUS 22:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As 'n dief gevind word wat opbreek en geslaan word sodat hy sterf, sal daar geen bloed vir hom vergiet word nie.
EKSODUS 22:2-4 Die Boodskap (DB)
Die dief moet elke sent terugbetaal. As hy nie kan betaal nie, moet hy self verkoop word vir die bedrag geld wat hy nog geskuld het. As die bees of die donkie of die skaap wat hy gesteel het, nog lewendig by hom gekry word, moet hy twee keer soveel terugbetaal as wat die dier werd is. As hy op heterdaad betrap word terwyl hy gedurende die nag die diere steel en hy word daar doodgemaak, is dit nie ’n oortreding wat gestraf kan word nie. Wanneer hy egter helder oordag steel en dan gevang en doodgemaak word, is dit ’n strafbare oortreding.”