EKSODUS 22:17
EKSODUS 22:17 Bybel vir almal (ABA)
As haar pa haar glad nie vir hom wil gee nie, dan moet hy ook betaal. Hy moet vir haar pa die bruidsprys gee.”
EKSODUS 22:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
EKSODUS 22:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
As haar pa volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy nogtans die volle bruidsprys vir jongmeisies betaal, en dit met silwer.
EKSODUS 22:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As haar vader volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy die silwer afweeg wat ooreenstem met die bruidsprys vir jongmeisies.
EKSODUS 22:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As haar vader heeltemal weier om haar aan hom te gee, moet hy geld betaal volgens die bruidskat van die maagde.