EKSODUS 15:2
EKSODUS 15:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My krag en my sterkte kom van die HERE. Hy gee my die oorwinning. Hy is my God. Ek wil Hom loof. Hy was my voorouers se God. Ek wil sy Naam verhoog.
EKSODUS 15:2 Die Boodskap (DB)
My krag en my sterkte kom van die Here af. Hy is die Een wat my verlos. Hy is my God. Ek wil oor Hom sing. Hy was die God van my voorouers. Ek wil sê hoe wonderlik Hy is.
EKSODUS 15:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek kry my krag by die Here, Hy maak my sterk. Hy het my gered. Hy is my God, en ek sal Hom prys. Hy is die God van my voorvaders, en ek sal Hom eer.
EKSODUS 15:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
EKSODUS 15:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek.
EKSODUS 15:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My krag en sterkte is die HERE, en Hy was my redding. Hy is my God, en Hom sal ek vereer, die God van my vader, en Hom sal ek verheerlik.
EKSODUS 15:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE is my sterkte en my psalm, en Hy het my tot heil geword; Hy is my God, en ek sal vir hom 'n woning gereed maak; my vader se God, en ek sal hom verhoog.