ESTER 4:1-3
ESTER 4:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Mordegai het uitgevind wat gebeur het. Hy het sy klere geskeur, hy het rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hy het baie hard gehuil. Hy het gegaan tot voor die paleis van die koning, want mense mag nie in die paleis ingegaan het wanneer hulle rouklere gedra het nie. Die Judeërs het begin rou, in elke provinsie, op elke plek waar hulle gelees het oor die besluit van die koning en die wet. Hulle het gevas en hulle het hard gehuil en gekla, en baie Judeërs het rouklere aangetrek en as op hulle koppe gegooi.
ESTER 4:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en 'n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu. So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie. En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei.
ESTER 4:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hard en bitterlik gekerm. So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie. In al die provinsies waar die besluit en die proklamasie van die koning bekend geword het, was daar groot smart onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gekerm, en baie het rouklere aangetrek en in die as gaan lê.
ESTER 4:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Mordegai uitvind wat alles gebeur het, het hy 'n roukleed aangetrek, met as op sy kop. Hy het uitgegaan, die stad in, en hard en bitterlik geweeklaag. Hy het tot net voor die koningspoort gekom, want niemand met 'n roukleed aan kon by die poort ingaan nie. In al die provinsies en streke waar die besluit en die wet van die koning bekend geword het, was daar groot droefheid onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gerou, en baie het in sak en as gaan lê.
ESTER 4:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Mórdegai alles sien wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en rouklere met as aangetrek en uitgegaan na die midde van die stad en met 'n harde en bitter geskreeu uitgeroep; En hy het selfs voor die poort van die koning gekom, want niemand mag in die poort van die koning ingaan met rouklere nie. En in elke provinsie waar ook al die bevel van die koning en sy bevel gekom het, was daar groot rou onder die Jode, en gevas en geween en geween; en baie het in sak en as gelê.
ESTER 4:1-3 Die Boodskap (DB)
Toe Mordegai hoor van alles wat gebeur het, was hy baie hartseer en ontsteld. Hy het begrafnisklere aangetrek en al huilend deur die stad geloop, tot by die ingang van die paleis. Daar het hy bly staan, want volgens die reël kon niemand met begrafnisklere aan daar ingaan nie. Toe die nuus van die koning se opdrag in die provinsies bekend geword het, het die Jode begin treur. Hulle het gevas en gehuil en gekla en baie het met begrafnisklere rondgeloop.
ESTER 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur. Hy het rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy is in die stad in en het hard en droewig loop en huil. Hy het voor die ingang van die paleis gaan staan. Iemand met rouklere aan was nie toegelaat om deur die hek in te gaan nie. In elke provinsie waar die besluit en opdrag van die koning afgekondig is, was die Jode baie hartseer. Hulle het gevas en gehuil en getreur. Baie het rouklere aangetrek en as oor hulle gegooi.