EFESIËRS 6:9
EFESIËRS 6:9 Bybel vir almal (ABA)
En eienaars, julle moet goed wees vir julle slawe. Julle moenie aanhou sê julle sal hulle straf nie. Julle moet weet dat julle en die slawe dieselfde Eienaar in die hemel het, en Hy dink nie een mens is belangriker as 'n ander mens nie.
EFESIËRS 6:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
EFESIËRS 6:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie.
EFESIËRS 6:9 Die Boodskap (DB)
Vir die base wil ek vra om die mense wat onder hulle werk net so te behandel. Moenie hulle die hele tyd met slegte dinge dreig nie. Onthou dat julle en die mense wat onder julle werk dieselfde Here in die hemel het. Hy trek niemand voor nie, maar behandel almal eenders.