EFÉSIËRS 6

6
1 KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
2 Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte —
3sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
4En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
6nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen
7en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,
8omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy 'n slaaf is of 'n vryman.
9En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
Die wapenrusting van God.
10EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
12Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
13Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
14Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
15en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
16Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
17En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —
18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
19en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,
20waarvoor ek 'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.
Die brief deur Tíchikus gestuur. Groete.
21EN dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.
22Ek het hom juis daarvoor na julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy julle harte kan troos.
23Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!
24Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid