EFESIËRS 6:6
EFESIËRS 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.
EFESIËRS 6:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie. Nee, julle moet werk soos slawe van Christus omdat dit vir julle lekker is om te doen wat God wil hê.
EFESIËRS 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen
EFESIËRS 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen
EFESIËRS 6:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nie met oogdiens, soos mensebehaers nie; maar as dienaars van Christus, wat die wil van God uit die hart doen