EFESIËRS 6:11-12
EFESIËRS 6:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle. Ons veg nie teen mense nie, ons veg teen bose geeste en hulle leiers. Die mense van die wêreld luister na geeste, maar ons veg teen slegte geeste in die lug.
EFESIËRS 6:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
EFESIËRS 6:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
EFESIËRS 6:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim.
EFESIËRS 6:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstel nie teen vlees en bloed nie, maar teen owerhede, teen magte, teen die owerhede van die duisternis van hierdie wêreld, teen geestelike boosheid in die hoogtes.
EFESIËRS 6:11-12 Die Boodskap (DB)
Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees.
EFESIËRS 6:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.