EFESIËRS 3:16
EFESIËRS 3:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek bid en vra vir God, ons Koning, dat Hy die Heilige Gees moet gebruik en dat Hy julle moet help sodat die geloof in julle harte sterker word.
EFESIËRS 3:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens
EFESIËRS 3:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word
EFESIËRS 3:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek bid dat Hy vir julle na die rykdom van sy heerlikheid dít sal skenk: om deur sy Gees met krag na die innerlike mens versterk te word
EFESIËRS 3:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dat Hy aan jou sal gee, na die rykdom van sy heerlikheid, om deur sy Gees met krag versterk te word in die innerlike mens
EFESIËRS 3:16 Die Boodskap (DB)
Ek bid dat God, wat so wonderlik en sterk is, deur sy Gees vir julle die krag sal gee wat julle nodig het om geestelik julle man te kan staan.