YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

EFESIËRS 3:14-15

EFESIËRS 3:14-15 Bybel vir almal (ABA)

God is baie goed vir ons. Daarom kniel ek en bid ek tot Hom, ons Vader. Hy is die Vader wat almal laat lewe, almal in die hemel en op die aarde.

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader, van wie elke geslag in die hemel en op aarde sy naam ontvang.

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Daarom buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, Na wie die hele familie in die hemel en op aarde genoem is

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Die Boodskap (DB)

Juis daarom gaan ek op my knieë voor die Vader. Al die gelowiges, of hulle nou reeds in die hemel is of nog hier op die aarde, is wat en wie hulle is omdat God hulle so gemaak het.

Deel
Lees EFESIËRS 3

EFESIËRS 3:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Daarom kniel ek voor die Vader. Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde.

Deel
Lees EFESIËRS 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's