EFESIËRS 2:5-6 - Compare All Versions

EFESIËRS 2:5-6 ABA (Bybel vir almal)

Ons was geestelik dood, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar God het vir Christus weer laat lewe, en so het Hy ons laat lewe. Julle moet onthou God het julle gered omdat Hy goed is vir julle. Ons behoort aan Christus Jesus. God het vir Christus weer laat lewe en Hy het ons ook weer laat lewe. God het vir Christus 'n plek in die hemel gegee en Hy het vir ons ook 'n plek in die hemel gegee.

EFESIËRS 2:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus

EFESIËRS 2:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee

EFESIËRS 2:4-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met •Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos! Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel

EFESIËRS 2:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Selfs toe ons dood was in die sondes, het ons lewend gemaak saam met Christus (uit genade is julle gered;) En Hy het ons saam opgewek en ons saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.

EFESIËRS 2:5-6 DB (Die Boodskap)

Nee, omdat God so goed is, sonder dat julle iets daarvan verdien, is julle uit die kloue van die sonde gered. Julle is nou Jesus s’n, en wat Jesus s’n is, is julle s’n. Saam met Jesus is ons, wat soos dooie mense nie eens van God geweet het nie, lewend gemaak. Saam met Christus Jesus sit ons ook nou op ’n spesiale plek by God in die hemel.

EFESIËRS 2:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.