PREDIKER 7:8-9 - Compare All Versions

PREDIKER 7:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Voltooide taak is beter as een wat pas begin is. Geduld is beter as hoogmoed. Moenie gou kwaad word nie: dit is 'n dwaas wat gou kwaad word.

PREDIKER 7:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige. Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.

PREDIKER 7:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Taak wat voltooi is, is beter as die begin. Geduld is beter as hoogmoed. Moenie gou kwaad word nie; ergernis hoort by dwase.

PREDIKER 7:8-9 DB (Die Boodskap)

Die einde van ’n saak is baie beter as die begin. En geduld is beter as om vol van jouself te wees. Beheer jouself en moenie jou humeur verloor nie; dit is net dwase mense wat so maak.

PREDIKER 7:8-9 ABA (Bybel vir almal)

Dit is beter om op te hou praat as om te begin praat, dit is beter om geduldig te wees as om hoogmoedig te wees. Jy moenie gou kwaad word oor dinge wat gebeur nie, want dit is dwase wat gou kwaad word.

PREDIKER 7:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die einde van 'n saak is beter as die begin daarvan; iemand wat lankmoedig is, is beter as iemand wat hoogmoedig is. Moenie in jou gees haastig wees om jou te vererg nie, want verdriet is tuis op die skoot van dwase.

PREDIKER 7:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die einde van 'n ding is beter as die begin daarvan, en die geduldige van gees is beter as die hoogmoediges. Moenie haastig wees in jou gees om toornig te word nie, want toorn rus in die boesem van die dwase.