PREDIKER 7:20-22
PREDIKER 7:20-22 Bybel vir almal (ABA)
Niemand op die aarde is so regverdig dat hy net goed doen en nooit sonde doen nie. Jy moenie luister na alles wat mense sê nie, dan sal jy nie hoor wanneer jou slaaf jou vervloek nie, want jy weet dat jy self baie maal ander mense vervloek het.
PREDIKER 7:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie. Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie. Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het.
PREDIKER 7:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie. Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie. Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het.
PREDIKER 7:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want daar is geen mens op aarde wat regverdig is, wat aanhou goed doen en nie sondig nie. Verder, moenie aandag gee aan alles wat mense sê nie, sodat jy nie hoor dat jou slaaf jou vervloek nie. Want jou hart weet ook van die vele kere toe ook jy ander vervloek het.
PREDIKER 7:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is nie 'n regverdige mens op aarde wat goed doen en nie sondig nie. Neem ook nie ag op al die woorde wat gespreek word nie; dat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie. Want dikwels weet jou eie hart ook dat jy self ook ander vervloek het.
PREDIKER 7:20-22 Die Boodskap (DB)
Niemand doen net goed sonder om ook verkeerd te doen nie. Moenie na alle skinderpraatjies luister nie, want dan moet jy dalk jou werkers se beledigings aanhoor. Onthou, jy het ook al baie keer mense beskinder en beledig.
PREDIKER 7:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie. Moenie jou steur aan alles wat mense sê nie. Dalk hoor jy hoe jou werknemer jou verwens! Jy onthou immers hoe dikwels jy self ander verwens het.