PREDIKER 7:18
PREDIKER 7:18 Bybel vir almal (ABA)
Dit is goed om nie te probeer om te baie regverdig te wees nie en om nie aan te hou om verkeerde dinge te doen nie. Ja, wanneer jy vir God respekteer en Hom dien, dan sal jy weet wat om te doen.
PREDIKER 7:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.
PREDIKER 7:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is goed dat jy aan die een vermaning vashou en die ander ook nie laat los nie, want hy wat vir God dien, gehoorsaam altwee.
PREDIKER 7:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook nie jou hand aan die ander onttrek nie; want wie vir God eerbied het, ontkom aan dit alles.
PREDIKER 7:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is goed dat jy dit vashou; ja, trek ook u hand nie hieruit terug nie, want hy wat God vrees, sal uit hulle almal uitgaan.