PREDIKER 7:12
PREDIKER 7:12 Bybel vir almal (ABA)
want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom 'n lang lewe.
PREDIKER 7:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.
PREDIKER 7:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wysheid bied beskerming soos geld beskerming bied; kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.
PREDIKER 7:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want die wysheid bied beskutting. Geld bied beskutting, maar die voordeel daarvan om die wysheid te ken, is: Die wysheid hou dié wat haar besit, lewend.
PREDIKER 7:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want wysheid is 'n beskutting en geld is 'n beskutting, maar die voortreflikheid van kennis is dat wysheid lewend maak aan die wat dit het.