PREDIKER 7:1-6
PREDIKER 7:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GOEIE naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag. Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem. Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart. Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde. Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase. Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.
PREDIKER 7:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Dit is goed om lekkerruik-olie te gebruik, maar dit is beter wanneer mense jou respekteer. Die dag toe jy gebore is, was 'n goeie dag, maar die dag wanneer jy sal sterf, sal 'n beter dag wees. Dit is goed om na 'n huis te gaan waar die mense feesvier, maar dit is beter om na 'n huis te gaan waar die mense rou. Want al die mense moet sterf, en die mense wat lewe, moet dit onthou. Dit is goed om te lag, maar dit is beter om hartseer te wees, want wanneer jou gesig wys dat jy swaarkry, dan wys dit dat jy goed dink. Wyse mense wil in 'n huis wees waar die mense rou, dwase wil in 'n huis wees waar die mense feesvier. Dit is beter om te luister wanneer 'n wyse mens met jou raas as om te luister wanneer dwase sing, want wanneer 'n dwaas lag, dan raas dit soos doringtakkies in die vuur onder 'n pot. Dit is ook nie reg nie.
PREDIKER 7:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GOEIE naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag. Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem. Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart. Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde. Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase. Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.
PREDIKER 7:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Goeie naam is beter as reukolie, die sterfdag beter as die geboortedag. Dit is beter om na 'n huis toe te gaan waar daar gerou word as na 'n huis waar daar feesgevier word. Elkeen wat lewe, moet ter harte neem wat die uiteinde van die mens is. Droefheid is beter as lag; agter 'n somber gesig skuil 'n helder gees. Wie wysheid het, voel hom tuis waar daar gerou word, die dwaas voel hom tuis waar daar plesier is. Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om besing te word deur 'n dwaas. Soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so klink die gelag van 'n dwaas. Ook hier kom dit tot niks.
PREDIKER 7:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Goeie naam is beter as goeie reukolie, en die sterfdag as die geboortedag. Dit is beter om te gaan na 'n huis waar gerou word, as om te gaan na 'n huis waar fees gevier word; want in 'n huis waar gerou word, eindig alle mense, en die lewende moet dit ter harte neem. Verdriet is beter as lag, want met 'n droewige gesig gaan dit goed met die hart. Die hart van wyses is in 'n huis waar gerou word, maar die hart van dwase is in 'n huis waar plesier is. Dit is beter om te luister na die vermaning van 'n wyse, as wanneer iemand luister na die lied van dwase. Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Ook dit is sinloos
PREDIKER 7:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Goeie naam is beter as kosbare salf; en die dag van dood as die dag van iemand se geboorte. Dit is beter om na die huis van rou te gaan as om na die huis van maaltyd te gaan; want dit is die einde van alle mense; en die lewende sal dit aan sy hart lê. Droefheid is beter as lag, want deur die droefheid van die aangesig word die hart beter. Die hart van die wyse is in die huis van rou; maar die hart van die dwase is in die huis van vrolikheid. Dit is beter om die teregwysing van die wyse te hoor as dat 'n man die gesang van die dwase hoor. Want soos die geknetter van dorings onder 'n pot, so is die gelag van die dwaas: ook dit is nietigheid.
PREDIKER 7:1-6 Die Boodskap (DB)
’n Goeie naam is beter as lekkerruikgoed, en die sterfdag beter as die geboortedag. Dit is beter om na ’n plek van rou te gaan as na ’n plek waar mense partytjie hou. Elkeen se sterfdag wag vir hom. Daarmee moet die mens rekening hou. Hartseer is beter as om te lag. Agter ’n strak gesig skuil soms ’n diep insig in die lewe. Iemand wat net geluk najaag, is dwaas. ’n Wyse weet geluk is onmoontlik. Daarom dink hy baie aan die einde. Dit is beter dat wyse mense jou kritiseer as dat dommes heeltyd jou lof besing. Soos die knetterklanke van brandhout in ’n vuur, so klink die gelag van ’n dwaas. Dit is sinloos en irriteer ’n mens net.
PREDIKER 7:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Goeie naam is beter as goeie reukolie, die dag van sterwe beter as die geboortedag. Dis beter om na ’n huis te gaan waar gerou word. Die dood is elkeen se bestemming. En elkeen wat nog lewe, kan dit ter harte neem. Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis laat ’n mens dikwels goed nadink. Die gemoed van die wyse voel tuis waar daar gerou word. Die dwase se gemoed voel tuis waar daar plesier is. Dis beter om ag te slaan op die kritiek van iemand wat wys is, as om te luister na die lied van dwase mense. Soos die geknetter van doringtakke onder ’n pot, so klink die gelag van ’n dwaas. Dit alles is sinloos.