PREDIKER 2:8
PREDIKER 2:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het baie silwer en goud vir myself bymekaargemaak, asook ’n skat van konings en provinsies. Ek het sangers en sangeresse aangestel, en die dinge bekom waarmee mense die lewe geniet, naamlik een meisie na die ander.
PREDIKER 2:8 Bybel vir almal (ABA)
Ek het silwer en goud bymekaargemaak en ook die goed wat ander konings en die distrikshoofde vir my gegee het. Ek het mans en vroue gekry wat vir my sing, ek het alles gekry wat 'n mens kan geniet, ook byvroue.
PREDIKER 2:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het vir my ook silwer en goud versamel, en 'n eiendom van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte.
PREDIKER 2:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir my silwer en goud opgegaar wat ek gekry het van konings en provinsies. Ek het vir my sangers en sangeresse gewerf, talle mooi meisies met wie ek die lewe kon geniet.
PREDIKER 2:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het ook vir my silwer en goud, die privaatbesit van konings, en provinsies, bymekaargemaak. Ek het vir my sangers en sangeresse aangeskaf, en die genot van mensekinders: baie byvroue!