PREDIKER 2:19
PREDIKER 2:19 Bybel vir almal (ABA)
En niemand weet of daardie persoon 'n wyse mens of 'n dwaas sal wees nie. Maar hy sal kan doen wat hy wil met alles waarvoor ek met wysheid hard gewerk het in hierdie wêreld. Ook dít is nie soos dit moet wees nie.
PREDIKER 2:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wie weet of hy 'n wyse sal wees of 'n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.
PREDIKER 2:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
en wie weet of hy 'n wyse of 'n dwase mens sal wees? Tog sal hy beskik oor alles wat ek met sorg en oorleg in hierdie wêreld bymekaargemaak het. Dit kom dus ook tot niks.
PREDIKER 2:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wie weet of hy 'n wyse man sal wees of 'n dwaas? Hy gaan beheer hê oor alles waarvoor ek my ingespan het, waarvoor ek my afgesloof het en wat ek onder die son met wysheid uitgevoer het. Ook dit is sinloos.
PREDIKER 2:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wie weet of hy 'n wyse of 'n dwaas sal wees? nogtans sal hy heers oor al my moeitevolle arbeid waarin ek vermoei het en waarin ek my wys gemaak het onder die son. Dit is ook ydelheid.