PREDIKER 2:10 - Compare All Versions
PREDIKER 2:10 ABA (Bybel vir almal)
Ek het alles gekry wat ek wou hê, ek het alles geniet wat ek wou geniet, want alles wat ek gedoen het, was vir my lekker. Ek kon alles geniet wat ek gedoen het, dít was die beloning wat ek gekry het vir al my werk.
PREDIKER 2:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid.
PREDIKER 2:10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning.
PREDIKER 2:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat my oë ook al begeer het, het ek hulle nie ontsê nie. Ek het my hart nie weerhou van enige plesier nie. Ja, my hart het vreugde geput uit al my inspanning. Dit was my beloning vir al my inspanning.
PREDIKER 2:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wat my oë ook al begeer het, het ek van hulle nie gehou nie, ek het my hart van geen blydskap teruggehou nie; want my hart was bly oor al my arbeid, en dit was my deel van al my arbeid.
PREDIKER 2:10 DB (Die Boodskap)
Wat ek in dié tyd wou gehad het, het ek gekry. Ek het myself niks ontsê nie. En ek was gelukkig oor wat ek alles bereik het. Dit was die beloning vir al my moeite.
PREDIKER 2:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Alles wat my oë begeer het, het ek my nie ontsê nie. Ek het my nie teruggehou van enige plesier nie. Ek het genot gevind in my harde werk. Dit was my beloning vir al my inspanning.