PREDIKER 12:11
PREDIKER 12:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
PREDIKER 12:11 Bybel vir almal (ABA)
Die dinge wat wyse mense sê, is soos skerp stokke, dit is soos spykers wat hulle diep inslaan. Dit is een Herder wat vir ons die wyse mense gee wat spreuke bymekaarmaak.
PREDIKER 12:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.
PREDIKER 12:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van wyses is soos skerp stokke; soos spykers wat ingeslaan is, is die hoofgedagtes van 'n versameling. Hulle is deur een Herder gegee.
PREDIKER 12:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van die wyse mense is soos prikkels en soos spykers wat vasgemaak word deur die leiers van gemeentes, wat van een herder gegee is.