DEUTERONOMIUM 7:12
DEUTERONOMIUM 7:12 Bybel vir almal (ABA)
As julle gehoorsaam is aan hierdie wette en doen wat die wette sê, dan sal julle God die Here doen wat Hy in sy verbond belowe het vir julle voorvaders.
DEUTERONOMIUM 7:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het
DEUTERONOMIUM 7:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As jy goed luister na hierdie bepalings en hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal die Here jou God sy verbond nakom en sy troue liefde aan jou betoon soos Hy aan jou voorvaders met 'n eed beloof het.
DEUTERONOMIUM 7:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As beloning daarvoor dat julle hierdie wette gehoorsaam, dit nakom en dit uitvoer, sal die HERE jou God vir jou die verbond en troue liefde in stand hou wat Hy aan jou voorvaders met 'n eed bevestig het.
DEUTERONOMIUM 7:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal dit gebeur, as julle na hierdie verordeninge luister en dit onderhou en doen, dat die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid sal hou wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het.