DEUTERONOMIUM 6:23
DEUTERONOMIUM 6:23 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here het vir ons uitgebring uit Egipte en Hy het ons hiernatoe laat kom om vir ons die land te gee wat Hy vir ons voorvaders belowe het.
DEUTERONOMIUM 6:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met 'n eed beloof het.
DEUTERONOMIUM 6:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar vir ons het die Here daarvandaan laat wegtrek om ons in hierdie land te bring en dit vir ons te gee soos Hy aan ons voorvaders met 'n eed belowe het.
DEUTERONOMIUM 6:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ons het Hy daarvandaan uitgelei sodat Hy ons hierheen kon bring om aan ons die land te gee wat Hy met 'n eed aan ons voorvaders beloof het.
DEUTERONOMIUM 6:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring om ons die land te gee wat Hy aan ons vaders met 'n eed beloof het.