DEUTERONOMIUM 6:1
DEUTERONOMIUM 6:1 Bybel vir almal (ABA)
Moses het toe gesê: “Hier is die wette van julle God die Here. Hy het gesê ek moet dit vir julle leer, sodat julle sal doen wat die wette sê in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.
DEUTERONOMIUM 6:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIT is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem
DEUTERONOMIUM 6:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.
DEUTERONOMIUM 6:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die HERE julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem
DEUTERONOMIUM 6:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die gebooie, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem