DEUTERONOMIUM 32:35
DEUTERONOMIUM 32:35 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal die vyande straf oor wat hulle gedoen het, hulle voete gly, hulle sal gou val. Die dinge wat met hulle sal gebeur, sal gou gebeur.’
DEUTERONOMIUM 32:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou.
DEUTERONOMIUM 32:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek straf en Ek vergeld op die dag as hulle voete gly. Die dag van hulle ondergang is naby; wat oor hulle besluit is, kom gou.’
DEUTERONOMIUM 32:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
vir die dag van wraak en vergelding, vir die tyd wanneer hulle voete gaan wankel nie? Want naby is die dag van hulle teenspoed; wat vir hulle gereed lê, kom gou.’
DEUTERONOMIUM 32:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan My behoort wraak en vergelding; hulle voet sal wankel op die regte tyd, want die dag van hulle onheil is naby, en die dinge wat oor hulle kom, maak gou.
DEUTERONOMIUM 32:35 Die Boodskap (DB)
En dan, op ’n dag, straf Ek hulle vir al die slegte dinge wat hulle gedoen het. Dan sal hulle hard en ver val. Hulle voete sal onder hulle uitgly. Niks sal hulle kan red nie. Die dag dat Ek hulle gaan vernietig, kom vinnig nader. Wat Ek besluit het om met hulle te doen, sal vir seker gebeur. En dit gaan een van hierdie dae gebeur. Hulle sal verwoes word.