DEUTERONOMIUM 32:14
DEUTERONOMIUM 32:14 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het melk gekry van beeste, skape en bokke, hulle het vet vleis gekry van skaap-lammers en skaap-ramme, en vleis van bokke en beeste uit die land Basan. Hulle het die beste koring geëet en die beste rooi wyn gedrink.
DEUTERONOMIUM 32:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.
DEUTERONOMIUM 32:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.
DEUTERONOMIUM 32:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
met die dikmelk van beeste, die melk van kleinvee, ook met die vet van slaglammers, ramme uit Basan, ook bokramme, en met die fynste koringmeel. En druiwebloed het jy gedrink – gistende wyn.
DEUTERONOMIUM 32:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Botter van koeie en melk van kleinvee, met vet van lammers, en ramme van die ras van Basan, en bokke, met die vet van niere van koring; en jy het die suiwer bloed van die druif gedrink.
DEUTERONOMIUM 32:14 Die Boodskap (DB)
Die mense het botter van melk gemaak. En hulle het melk van hulle vee gekry. Daar was vet lammers en skaapramme en bokramme uit Basan om te eet. Hulle het die beste koring gehad. Daar was genoeg wyn om te drink wat hulle van die beste druiwe gemaak het. Die Here het dit vir hulle gegee.”