DEUTERONOMIUM 25:2
DEUTERONOMIUM 25:2 Bybel vir almal (ABA)
As die regter sê dat die persoon skuldig is en dat hulle hom moet slaan, dan moet die persoon gaan lê en die regter moet kyk dat hulle die persoon slaan. Die regter sê hoeveel houe hy moet kry vir die verkeerde ding wat hy gedoen het.
DEUTERONOMIUM 25:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met 'n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld
DEUTERONOMIUM 25:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer die skuldige dan lyfstraf opgelê is, moet 'n regter hom op die grond laat lê, en hy moet in die teenwoordigheid van die regter soveel houe kry as hy verdien.
DEUTERONOMIUM 25:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dan moet die regter, as die skuldige tot lyfstraf gevonnis is, hom laat lê en daar voor hom die getal houe laat toedien wat sy oortreding verdien.
DEUTERONOMIUM 25:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as die goddelose man waardig is om geslaan te word, moet die regter hom laat lê en voor sy aangesig slaan, volgens sy skuld, met 'n sekere getal.
DEUTERONOMIUM 25:2 Die Boodskap (DB)
Dalk bepaal hy dat die ander man wat skuldig is, as straf met ’n sambok geslaan moet word. Wanneer hy geslaan word, moet die landdros by wees. Die man moet voor die landdros op die grond gaan lê. Dan moet hulle hom slaan. Die landdros moet tel dat hy slegs die aantal houe kry wat die hof hom opgelê het.