DEUTERONOMIUM 20:3 - Compare All Versions

DEUTERONOMIUM 20:3 ABA (Bybel vir almal)

Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie

DEUTERONOMIUM 20:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie

DEUTERONOMIUM 20:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Israel! Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie.

DEUTERONOMIUM 20:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy moet vir hulle sê, ‘Luister, Israel, julle gaan vandag betrokke raak in 'n geveg met julle vyande. Moenie lafhartig wees nie; moenie bang wees, haastig omspring of beangs raak oor hulle nie.

DEUTERONOMIUM 20:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sal vir hulle sê: Hoor, o Israel, julle nader vandag om teen julle vyande te veg; laat julle harte nie beswyk nie, bevrees nie en bewe nie, en wees nie verskrik oor hulle nie

DEUTERONOMIUM 20:3 DB (Die Boodskap)

Hy moet sê: ‘Luister na my, Israeliete! Julle staan op die punt om teen ’n vyand te gaan veg. Moenie bang wees nie. Moenie paniekbevange rondkyk wie julle sal help nie. Moenie vir julle vyand skrik nie.

DEUTERONOMIUM 20:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy sal sê: ‘Luister na my, manskappe van Israel! Moenie bang wees as julle vandag uittrek om te gaan veg nie! Moenie bang of verskrik wees nie